COMMENTS / AANMERKING:

The 5th mohair sale of the 2020 winter selling season created a lot of sparks in a lively, well contested market. For the first time the offering consisted of more RMS certified lots than non-certified lots. This did have a major impact with the demand swelling for RMS certified mohair. Especially the micron group between 28 to 32 microns benefitted the most. The demand from especially China, is growing with every sale for RMS lots. The two van der Westhuizen brothers (Leon + Jasper) from Danabaai reaped the benefit when there top bale of adults, presented as a winter young goat, smashed the world record for adults, when this 27 micron, 81% clean yield, RMS lot sold for R542.10/kg!!! There total clip sold (100%) for R428.00/kg, the best average of the day. Another RMS clip was in the limelight when the best price of the day was paid for this excellent 24-micron, good style, B-length, 89% clean yield bale of winter kids at R600.00/kg! The bale was offered by The Charles Moore Family Trust of Willowmore. This sale quality was also substantially better than the previous offerings. The vast quantity of seed contaminated mohair was still neglected, and a lot of these types remained not sold. This trend might improve to the end of the year. The next offering for the sale on the 24th of November is similar in quality.
This report was compiled by Pierre van der Vyver, General Manager: The House of Fibre.

Die 5de sybokhaarveiling van die 2020 winter verkoopsseisoen het vandag gesorg vir vuurwerke. Daar was baie lewendig gekompeteer deur die kopers. Vir die eerste keer is daar ook meer RMS gesertifiseerde haar as nie-RMS gesertifiseerde haar op ‘n veiling aangebied. Dit was een van die redes vir die toename in aanvraag op veral RMS lotte. Vernaamlik die mikrongroep van 28 tot 32 mikron het die meeste baat gevind. Hier het veral Sjina gewys dat sy aptyd vir die lotte met elke veiling groei. Die twee van der Westhuizen broers van Danabaai, Leon en Jasper, het die voordeel gesmaak toe hulle beste baal grootbokhaar die wȇreldrekord laat tuimel vir grootbokhaar met ‘n allemintige R542.10/kg!! Die baal het 27 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 81% en is aangebied as ‘n winter jongbok. Hulle totale skeersel het ook die hoogste gemiddeld behaal vir die dag met R428.00/kg en 100% is verkoop. Nog ‘n puik RMS skeersel was in die kalklig toe hulle baal kleinbokkiehaar die beste prys van die dag @ R600.00/kg behaal het! Dit vir ‘n uitstekende B-lengte, 24 mikron, 89% skoonopbrengs, goeie styl winter kleinbokkiebaal van The Charles Moore Family Trust vanaf Willowmore. Die kwaliteit aanbieding op die veiling was ook aansienlik beter as die vorige veilings. Al negatief was die groot aanbieding saadbesoedelde haar wat steeds swak aanvraag geniet met baie onverkoopte lotte. Die neiging mag verbeter na die einde van die jaar. Die volgende aanbieding is van soortgelyke kwaliteit en word op 24 November aangebied.
Hierdie verslag is saamgestel deur Pierre van der Vyver, Algemene Bestuurder: The House of Fibre.

INDICATOR PRICE MOVEMENT / MARKAANWYSER

 

KIDS  : R 462. 32 ( +1.0%)

YOUNG GOATS  : R 263. 92 ( +6.0 %)

ADULTS  : R 230. 68 ( -1.8% )

AVERAGE  : R 265. 49 ( +2.0 %)

 

LOT REPRESENTATION / LOT VERKOPE

OFFERED  : 422

SOLD  : 394

CLEARED  : 93.4%

 

MICRON PRICE MOVEMENT / MIKRON PRYSBEWEGING

 

24/5 MIC   : R 538. 00

26/7 MIC   : R 505. 00

28/9 MIC  : R 360. 00

30/1 MIC  : R 285. 00

32/3 MIC  : R 235. 00

34/5/6 MIC : R 206. 00

37/8 MIC  : R 190. 00

 

BEST PRICES / HOOGSTE PRYSE

 

23-27µ Winter Kids /  Kleinbokke:

 

The Charles Moore Family Trust, Willowmore :R 600,00 /kg
LR Ferreira, Cradock :R 590,00 /kg
Gert Jordaan Familie Trust, Aberdeen :R 580,20 /kg
Sontana Boerdery BK, Oudtshoorn :R 579,10 /kg
Wenrus Boerdery (PTY) LTD, Willowmore :R 574,20 /kg

 

Winter Kids Average Price Value / Gemiddelde prys waarde van  Kleinbokke: R 577. 00 /kg

 

28-34µ Winter Young Goats /  Jongbokke:

 

Vleikuil Boerdery Trust, Willowmore :R 487,00 /kg
Van Hasselt Farming (PTY) LTD, Prince Albert :R 480,00 /kg
Teerputs Farm cc, Aberdeen :R 346,00 /kg
Gert Jordaan Familie Trust, Aberdeen :R 340,00 /kg
B Goosen, Somerset – East :R 340,00 /kg

 

Winter Young Goats Average Price Value / Gemiddelde prys waarde van Jongbokke: R 364. 00 /kg

 

30-40µ  Adult Goats /  Grootbokke:

 

Amantis Landgoed BK, Mosselbay :R 542,10 /kg
LR Ferreira, Cradock :R 305,10 /kg
Teerputs Farm cc, Aberdeen :R 297,00 /kg
Vleikuil Boerdery Trust, Willowmore :R 295,00 /kg
The House of Fibre Binning :R 290,20 /kg

 

Adult Goats Average Price Value / Gemiddelde prys waarde van Grootbokke: R 282. 00 /kg